-
Psalms 49
- 1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
- 2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
- 3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
- 4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
- 5 Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
- 6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —
- 7 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
- 8 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
- 9 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
- 10 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
- 11 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
- 12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
- 13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
- 14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
- 15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
- 16 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
- 17 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
- 18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
- 19 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen —
- 20 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.
-
-
-
King James Version (kjv)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.